
=====================================================================
Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging

Op 22 Julie 2000 het die Afrikaanse Skrywersvereniging sy Algemene Jaarvergadering gehou. Dit was 'n interessante en vrolike oggend met 
Carl Niehaus en Irna van Zyl as sprekers. By di geleentheid is die nuwe uitvoerende bestuur verkies. Dit staan weer onder die knap 
voorsitterskap van Elias P. Nel, wat di vereniging die afgelope jaar inspirerend gelei het.

Op vriendelike uitnodiging het die Huis der Nederlanden in Pinelands, 'n uiters geskikte opset, hoofkwartier van die ASV geword. In 
November verlede jaar is 'n geslaagde Nasionale Skrywersberaad daar gehou. Slypskole, seminare, boekbekendstellings, voorleesaande ens. 
vind daar plaas. Dr was die ASV vanjaar ook gasheer vir Gerrit Komrij en Adriaan van Dis uit Nederland.

Nuusbriewe word kwartaalliks uitgestuur om lede op die hoogte van sake te hou. 'n Paneel van kundiges, wat bestaan uit gevestigde skrywers 
en digters, is saamgestel om beginnerskrywers teen 'n nominale vergoeding met manuskripte te help.

Die Uitvoerende Bestuur het groot planne vir die nuwe jaar. Daar is onder meer besluit dat op die eerste Donderdag van elke maand 'n 
gesellige byeenkoms gehou sal word. Dit sal die vorm van 'n gespreksforum aanneem met sprekers soos skrywers, uitgewers, draaiboekskrywers, 
joernaliste ens. Openbare debatte sal ook van tyd tot tyd gehou word oor aspekte soos sensuur, die aard van kuns, Afrikaans op skool ens. 
Daar sal ook voorgelees, koffie gedrink en knaend die nag in gesels word. Toegang by hierdie geleenthede is R20 vir nie-lede en R5 vir 
lede. Ons vra mense om na hierdie aande 'n boek saam te bring wat klaar gelees is, vir skenking aan skole of ander inrigtings.

By die afsluitingsfunksie van die ASV op 18 November hoop die vereniging om 'n huldigingspenning aan Adam Small te oorhandig. Small se 
seun, Peter-John, is genader om 'n soort huldigingsprogram vir sy vader aan te bied. Daar sal uiteraard ook musiek en die ASV se nou al 
bekende verversings wees.

Voorleesaande waar aspirant-, beginner- en gevestigde skrywers/digters uit hul werk kan voorlees, sal steeds gereeld aangebied word.

Goed georganiseerde slypskole word ook weer vorentoe beplan. Die uitbou van streekstrukture op die platteland word beoog, slypskole vir 
leerlinge, 'n publikasie waarin beginnerskrywers se werk gepubliseer kan word, die bekendstelling van gepubliseerde werke en heelwat ander 
feestelikhede rondom die woordkuns.

Aangesien juis die bemagtiging van aspirantskrywers hoog op die ASV se prioriteitslys is, word baie aandag aan slypskole en 
manuskripontwikkeling gewy.

Hoe word 'n mens 'n lid van die ASV? Die inskrywingsgeld is R25 per jaar. Lede kan alle bedrywighede bywoon en sal gereeld 'n nuusbrief 
ontvang. Van die paneel kundiges se dienste kan ook gebruik gemaak word. Vir nadere besonderhede skryf aan: Die sekretaris, ASV, 
Sentraalplein 4, Pinelands 7405. Tel 715-8858. Marzanne Leroux-van der Boon, sekretaris van die ASV.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7441.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

